
=====================================================================
Nag vol feeste! (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Nag vol feeste!

Die eerste MTN/Insig Afrikaanse Woordfees 2000 het in die nag van 17  18 Maart op Stellenbosch plaasgevind. Di Woordfees was 'n 
inisiatief van die departement Afrikaans en Nederlands en die departement Drama (Marie Kruger, Johan Esterhuizen en Kobus Rossouw) van die 
Universiteit van Stellenbosch.

Hierdie Nag van Passie (in Koos Bekker van Naspers se woorde) was 'n waarlik inklusiewe fees, wat goed bygewoon is deur studente, skoliere 
en die publiek. Di unieke nag maak soos die KKNK en Aardklop deel van die Naspersfeesreeks uit en is geborg deur MTN, Insig, die PSG 
Groep, die Nederlandse Konsulaat-generaal, Toyota SA, die Arts and Culture Trust of the President en Het Jan Marais Nationale Fonds.

Die eerste fees, tot 24:00, is Sprokkelster genoem, na 'n digbundel van Marlene van Niekerk. Dit het bestaan uit 'n Hoof- en Soomfees, waar 
bekende Afrikaanse, maar ook Engelse, Xhosa- en Sothoskrywers uit hulle eie werk kom voorlees het, afgewissel deur sang, drama-aanbiedings, 
hoorbeelde en allerlei verrassings. Die Nederlandse skrywer en samesteller van die eerste groot Afrikaanse bloemlesing vir Nederlanders, 
Gerrit Komrij, is uitgenooi as eregas.

Die tweede fees, n twaalf, is Latenstyd genoem, na 'n bundel deur Hennie Aucamp. Di gedeelte het begin met 'n bekgeveg en daarna was dit 
hoe later hoe kwater, totdat die derde gratis Sonklong-fees, genoem na Opperman se laaste onvoltooide digbundel, van 5:00  7:00 gevolg 
het. Die vierde fees, 'n straatfees met 'n RSG-woonwa wat kom uitsaai het, kosstalletjies en 'n wyntuin, was ook gratis.

'n Boekuitstalling en verkoping, waar skrywers hulle boeke of die feesbundel kon teken, het herinner dat di fees vol jolige verrassings 
nie alleen skrywers en die publiek nader aan mekaar wou bring nie, maar ook die boekbedryf wou stimuleer. Die eerste Woordfees was weens 
die groot belangstelling groter as aanvanklik beplan. Die hoop is dat dit 'n jaarlikse instelling sal word. Dr. Dorothea van Zyl, 
hooforganiseerder. Sy is bygestaan deur Ronel Foster.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7219.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

